Gerookte stokvis met swartpeperkaassous en bros aartappelvelle
divanb
Gerookte stokvis met swartpeperkaassous en bros aartappelvelle
Toerusting
Diepbraaier
Bestandele
500ml room
250g Parmesaankaas gerasper
Vars swartpeper
2 groot aartappels dik skille afgesny
4x200g liggies gerookte stokvis/of forel
1l volroom melk
1 lourierblaar
1 knoffel huisie heel en net grof gebreek
30g grass uie (chives)
Instruksies
1
Verhit die olie tot 160c
2
Braai nou die aartappelskille tot goudbruin, haal die olie uit en rus op 'n papierlappie hou een kant warm.
3
Vir die roomsous verhit die room en kook af tot so 2/3 voeg nou die gerasperde kaas by en roer oor lae hitte totdat al die kaas in die room gesmelt is, voeg genoeg swartpeper by om 'n lekker swartpeper smaak te gee.
4
Om die vis te poseer, verhit die melk in 'n medium pot saam die lourierblaar en die knoffelhuisie.
5
Sodra die melk net voor kookpunt is, skakel baie lae hitte aan en sit dan die vis een vir een in die pot, jy wil hê die melk moet al die visstukkies bedek, jy kan ook 'n stuk foelie bo-op sit nou sit die vis vir ongeveer 5 min totdat dit ferm is, Sodra die vis ferm is, verwyder dit van die hitte, maar los dit in die melk.
6
Plaas nou die aartappelskille terug in die olie en braai nog een keer vir 2 minute om weer bros te word en warm te wees, haal uit geur met sout
7
Plaas nou 'n lepel vol van die roomsous in bedien bakkie op die bodem, nou met 'n gaatjieslepel haal die vis versigtig uit die melk en plaas op die sous
8
Gooi nou van die roomsous bo-oor die vis
9
Laaste kom die bros aartappels bo-op die vis en garneer met die fyngekapte grasuie
