Nou ń stoompot is iets waarmee ek groot geword het, ouma se sop ,en ma se bredies in die pot is iets wat ek onthou, maar dit was nie totdat ek seisoen een van kokkedoor geskiet het dat ek self met ń stoompot begin kook het nie. Kenwood was so gaaf om as een van die borge vir ons ń stoompot te gee en vandag is dit een van die mees gebruikte items in my kombuis ,vinnig ,hou alle geure by mekaar en net ʼn plesier om mee te werk. In die resep gaan alles oor die hoender so jy sal sien dat die ander bestanddele mooi groot gelos word, ons soek die smaak van die ander bestanddele maar wil dit nie in die finale produk hè nie so dis groot gesny om maklik te verwyder.
Kenwood was so nice to give us a steamer as one of the sponsors and today it’s one of the most used items in me kitchen, fast, keep all flavours together and just a pleasure to work with.
In the recipe is all about the chicken (or any game bird) so you will see that the other ingredients are left nice and big, we look for the taste of the other ingredients but don’t want to have it in the finished product so it’s cut big to remove easily.
